(English Translation Below)
Dag 43 en 44: Abeokuta na Cotonou, Benin Vandag verlaat ons Nigerië. Eers weer die stukke pad oorleef waar mens rondom en deur slag-putte sukkel en koes vir aankomende verkeer. Soos met enige pad grenspos toe, raak dit al hoe besiger hoe nader die hek kom. Motorfietsies, malende mense en stalletjies langs die pad. Diere aan toue. Ons word in die laaste vyf kilometer voor die grens twee keer gestop deur manne met gewere. Vrae. Paspoorte. Kan ons vir hulle ietsie gee asseblief? Ons verligting toe ons deur is, is groot. Benin voel sommer vry en mooi en fantasties en demokraties en skoon en ontwikkeld en rustig. Wys net hoe swaar die ewige op-jou-hoede-wees op ons gerus het. Ons ervaring van Nigerië ingekleur het. Weereens ontmoet twee plaaslike motorfietsmense ons en ry saam met ons Cotonou toe, waar ons vir 'n dag afpak en rus, motorfietse versorg. Die Springbokke wen, ons kan die see sien en ons hoef nie die volgende dag weer douvoordag te begin oppak nie. Hier in Cotonou draf groepe mense op 'n Sondag-oggend langs die strand. Speel sokker. Doen oefeninge. Iets wat ons nog nie tot dusver gesien het nie. Dit voel soos 'n eiland van welfaart waar 'n groterige groep mense dit kan bekostig om nie elke dag slegs te probeer oorleef nie. 'n Lang ry vragskepe lê en wag op die see om een vir een deur sleepbote die hawe binnegeneem te word. Die invloed van ons witbrood-wêreld op ons ganse belewenis is onmisbaar. Net om 'n bietjie te stop en vir 'n dag iets te ervaar waaraan ons gewoond is, is 'n reuse lafenis. Ons besef dat wat ons ookal sien en ervaar en vertel en van fotos neem, bloot 'n reeds-geïnterpreteerde prentjie is. Ons ervaar iets van Afrika ja, maar deur ons eie lense. Day 43 and 44: Abeokuta to Cotonou, Benin Today, we're leaving Nigeria behind. But first to survive another road where you struggle around and through massive potholes, dodging oncoming traffic. As with any border crossing, it gets busier the closer you get to the gate. Motorcycles, bustling people, and stalls line the road. Animals on ropes. In the last five kilometres before the border, we're stopped twice by armed men. Questions. Passports. Can we give them something, please? Our relief upon crossing into Benin is immense. Benin feels free, beautiful, fantastic, democratic, clean, developed, and peaceful. It shows us how the ever-present pressure to be vigilant had weighed on us, colouring our experience of Nigeria. Again, two local motorcyclists meet us and ride along with us to Cotonou, where we take a day to rest and take care for the motorcycles. The Springboks win, we can see the sea, and we don't have to start packing up early the next day. Here in Cotonou, groups of people jog along the beach on a Sunday morning. Play soccer. Exercise. Something we hadn't seen so far. It feels like an island of prosperity where a larger group of people can afford not to focus solely on survival every day. A long line of cargo ships waits at sea to be brought into the harbour one by one by tugboats. The influence of our world of comfort on our entire experience is undeniable. Just taking a break for a day to experience something we're accustomed to, is a huge refreshment. We realize that whatever we see and experience and tell and capture in photos is merely a pre-interpreted picture. Yes, we're experiencing something of Africa, but through our own lenses.
0 Comments
Leave a Reply. |
AuthorThis blog was written by Dr. Jean Cooper. For my work as organisational psychologist, adventurer and writer, go to www.jeanhenrycooper.com |